Moot waterlek herstel – na drie weke

Hulle moes self aanpassings aan bring om die water weg te lei. Foto: Verskaf

’n Waterlek in die Moot wat ’n inwoner genoodsaak het om sementblokke te gebruik om te keer dat die water in haar erf loop, is uiteindelik herstel, ná drie weke.

Inwoner, Sizakele Kabinde van Jan Niemandpark sê munisipale werkers het die pyp wat gebars het Vrydag herstel.

“Ons is baie dankbaar dat die pyp uiteindelik herstel is,” vertel sy.

Sy sê die waterlek in Tortelduifstraat was só erg gewees dat sy self aanpassings by haar eiendom moes aanbring om die water te keer.

Sementblokke is gepak om die vloeiende water weg van hulle eiendom af te lei.

“Die water was besig om in die woonstelle in my erf in te kom,” sê sy.

“Die sement in ons erf het ook begin oplig as gevolg van die massas water wat uitgestroom het.”

Kabinde sê hulle sal nou self die skade moet herstel.

LEES OOK:

Water Wednesday: Western Cape water restrictions remain despite dams being half full

Sy sê in die sewe jaar wat hulle in die area woon, is dit die vierde agtereenvolgende jaar wat die pyp bars.

“Dit gebeur elke jaar en dan vat dit ook net so lank om weer herstel te word,” sê sy.

“Die feit dat die pyp elke jaar bars, moet sekerlik beteken dat daar iets groter is wat fout is.”

Sy sê die pyp het vier jaar gelede voor in die straat gebars.

“Van daar af, nadat hulle hom herstel het, het die pyp nader na ons erf begin bars,” sê sy.

Kabinde sê sy en haar familie is moedeloos.

“Ons kan nie aan hou om elke jaar skade te herstel wat deur die waterlek veroorsaak word nie,” sê sy.

“In die drie weke wat ons moes wag vir die pyp om herstel te word, kon ons skaars in ons erf rond beweeg. Dit was regtig ’n groot ongerief gewees.”

Die Tshwane-metro kon nie dadelik kommentaar lewer nie.

Die water het in hulle eiendom in gevloei. Foto: Verskaf

Die water het in hulle eiendom in gevloei. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Moot-leerder herstel goed na ongeluk

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: