Vrae oor naakte vlugteling

Hoekom het ‘n kaal man die naweek in Eersterust vir sy lewe gehardloop?

Hierdie vraag het mense aan die praat nadat inwoner Chrisna Daniels die petalje Sondag op haar Facebookblad uitgelap het.

Daar is verskillende weergawes oor wat eintlik gebeur het.

Een is dat die man weggehardloop het nadat hy iemand by die begraafplaas verkrag het.

“Toe ek uithol om te kyk wat de hel op my dak aangaan, toe sien ek net ’n naak man op die grond le,” vertel Chrisna.

Volgens haar is hy naby haar huis gevang en deur inwoners bygedam.

“Die straat was donker, daar was so baie mense. Dit was regtig ’n hele deurmekaar storie,” sê Chrisna.

Volgens haar het sommige mense in die straat die man beskerm.

“As hulle hom nie kom vat het nie, was hy vrek gemaak,” sê sy op Facebook.

‘n Ander bron sê die bewerings van verkragting is onwaar.

Die man is glo aangeval deur hostelbewoners

“Hy was glo besig om te bad toe die klomp dwellers toegang kry tot sy plek. Hy het uitgespring en gehardloop vir sy lewe.”

“Hy het kortpad deur die begraafplaas gevat en dis hoe hy in Eersterust beland het.”

Virginia Keppler se Facebook-inskrywing stem ooreen met hierdie weergawe.

“Die man is deur hostel dwellers in Mamelodi aangerand en gestroop. Hy het Eersterust se kant toe gehardloop vir hulp. Die polisie sê hy het niemand verkrag nie.”

Geen klagtes van aanranding of verkragting is by die polisie aangemeld nie.

 

Lees ook:

“Die kinders het kaal voor ons gedans,” getuig man

Nog ‘n ontbloter doenig

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Evashni Jansen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
OPVOLG: Wes-hond sterk goed aan na aanval