Bejaarde Moot-vrou sterf na aanval

Gerrie (links) en haar man Corrie Visser (regs). Foto: Verskaf.

’n Bejaarde vrou wat verlede week wreed in haar Moot-huis aangeval is, is Dinsdagoggend dood.

Gerrie Visser (78) is die afgelope week in Eugene Marais hospitaal behandel nadat sy en haar man, Corrie, in hul huis in 12de Laan aangeval is. Corrie is op die toneel dood.

Jandre van Staden, Corrie se kleinseun, het die hartseer nuus van Gerrie se dood met Rekord gedeel.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

“Ek was by die werk toe familie vanoggend bel met die nuus van haar dood,” sê hy.

“Ons het gehoop sy word beter… sy kon nooit eers vir ons vertel wat gebeur het toe sy en Oupa aangeval is nie.”

Van Staden sê Gerrie het twee beroertes in die hospitaal gehad sowel as ’n epileptiese aanval.

LEES OOK: Bejaarde Moot-vrou se terugslag na aanval

Sy is vir talle steekwonde aan haar lyf behandel.

Die aanvallers het haar vir dood agtergelaat in die egpaar se huis.

’n Buurman het vroeër aan Rekord vertel hoe ’n bebloede Gerrie na die voordeur van die huis gekruip en teen die hek gekap het om aandag te trek.

Niemand is sover in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

LEES OOK: Kleinseun praat met deernis oor sy vermoorde oupa

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
INTERNATIONAL NEWS: VIDEO: Mamba bites man in live broadcast