Gesondheid bewusmakingsveldtog in Moot ‘n groot sukses

Jodine en haar man Jaco du Buson saam met een van die gaste. Foto: Verskaf

Die onlangse bewusmakingsveldtog oor gesondheid in die Moot was ’n groot sukses.

Die veldtog het verlede Saterdag by die Prinshof Manor in Rietfontein plaasgevind.

Jodine du Buson se pa Johan Els. Foto: Verskaf

LEES OOK: Geliefde aktrise verloor kanker-stryd

Organiseerder Jodine du Buson sê die geleentheid het goed afgeloop en 105 mense het opgedaag.

“Almal het dit vreeslik geniet en ek is bly ek kon ’n verskil maak,” sê Du Buson.

Alle skenkings en geld wat ingesamel is gaan vir Childhood Cancer Foundation South Africa (CHOC).

Du Buson sê R6 000 is ingesamel.

“Ons beplan toekomstige geleenthede. Ons wil graag die volgende een in Oktober hou,” sê Du Buson.

“Almal wat daar was het dit só geniet dat hulle vir my gevra het om nog ’n funksie te reël.”

Kanker was een van die onderwerpe wat by die veldtog aangespreek is.

“Ek het ’n groot passie om te help en om kanker-organisasies by te staan,” sê sy.

LEES OOK: Geliefde aktrise verloor kanker-stryd

“Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat my eie pa oorlede is na ’n stryd teen kanker.”

Du Buson vertel dat sy inspirasie gekry het toe sy en haar ma sit en gesels het net nadat haar pa oorlede is.

“My ma het tee by ’n skoonheidsbesigheid gekoop. Ek wou toe ’n bietjie meer weet en doen toe navorsing oor hulle produkte,” sê Du Buson.

“Ek het gevind dat hulle produkte koop om kanker te veg. Ek het later ’n agent by die besigheid geword en reël hierdie gebeurtenis deur hulle.”

Sy sê hoewel kanker in kinders relatief skaars is, het dit begin toeneem.

Volgens Choc se webtuiste het ’n onlangse verslag deur die Amerikaanse Kankervereniging, gevind dat een uit elke 408 kinders wêreldwyd met kanker gediagnoseer sal word voor die ouderdom van 15.

LEES OOK: Bekende Afrikaanse sanger se beroerte toe kanker

“Kanker in kinders is geneig om anders te wees as dié wat volwassenes kry. Dit kom ook meestal voor in die ontwikkeling van selle soos beenmurg, bloed, niere en senuweestelselweefsel.”

Vir meer inligting oor toekomstige geleenthede, skakel Du Buson op 078-686-9006.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SACP calls for billing system to be scrapped