Onopgeloste moord het Wes familie steeds moedeloos na twee jaar

Jury Hayes Junior. Foto: Verskaf

’n Inwoner in die weste van Pretoria soek steeds antwoorde, twee jaar nadat haar dogter vermoor is.

Marlien du Plessis (20) se lyk is op 16 April in ’n veld in Danville gekry, en haar moord is nou nog nie opgelos nie.

Sy het in Booysens in die weste van Pretoria gewoon.

Haar ma, Denise Erasmus, het Dinsdag aan Rekord vertel dat die polisie steeds vir die forensiese uitslae wag.

“Ek het al tot die forensiese afdeling gebel. Hulle het vir my gesê dat die uitslae tot en met sewe jaar kan neem,” sê sy.

“Ons kan nie nog sewe jaar wag nie. Ons moet tog afskeid neem, maar ons kan nie. Nie terwyl ons weet haar moordenaars is op vrye voet nie.”

Erasmus sê ook dat hulle in April haar twee-jaar herdenking, sedert haar lyk gekry is, in die gesig moes staar.

“Dit was glad nie vir ons ’n maklike dag nie. Dit was op haar jongste dogter (5) se verjaarsdag,” sê sy.

Trending: 

Media gather outside Buckingham Palace as rumours swirl

Eagles sue Mexican ‘Hotel California’

“Dit is vir ons ’n moelike tyd om ons kleindogter se verjaarsdag te vier terwyl ons weet dat sy nooit weer ’n gewone verjaarsdag sal hê nie.”

Sy sê dat twee verdagtes al in hegtenis geneem is, maar dié het glo aansoek gedoen vir borg.

“Ons weet glad nie wat met die saak aangaan nie,” sê sy.

Erasmus sê Du Plessis se lyk was agter ’n sand hoop gekry, toegedraai in ’n kombers met haar skoene netjies langs haar neergesit.

LEES OOK: Kleinseun praat met deernis oor sy vermoorde oupa

“My hart skeur uitmekaar om te weet dat my dogter se moordenaar nog steeds op vrye voet is,” sê Erasmus.

’n Facebook-groep Geregtigheid vir Marlien du Plessis is intussen gestig.

(Group link: https://www.facebook.com/groups/756692197790277/)

“Vandag is dit twee jaar wat jy van ons weggeruk is en ek mis jou elke dag nog! Love you to the moon and back my kind,” het Erasmus in April op die groep gedeel.

Jury Hayes Junior. Foto: Verskaf

Louis du Toit en sy vrou Antoinette. Foto: Verskaf

Marlien du Plessis saam met haar twee dogters.

Marlien du Plessis (heelregs agter) saam met familie en vriende.

Marlien du Plessis saam met haar twee dogters.

Marlien du Plessis (middel) saam met familie en vriende.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Wes-raadslid verklaar oorlog teen onwettige storting