Villieria-polisie bring verligting vir organisasies

Die Villieria-polisie het die organisasie besoek. Foto: Verskaf

Lede van Villieria-polisie en hulle vrouenetwerk-afdeling het onlangs vir die kinders van Steve Biko-hospitaal se onkologie-afdeling gaan kuier.

Polisiewoordvoerder kaptein Coba Brits sê die doel was om die kinders se dag op te helder met geskenke en stresverligtings-oefeninge.

“Cansa Nicus Lodge is ’n nie-winsgewende organisasie geleë by die Steve Biko-hospitaal,” sê Brits.

“By hierdie afdeling help hulle ouers en families van die kinders wat behandeling kry met huisvesting en etes.”

Projekbestuurder Vera van Dalen hou ook een Vrydag elke maand ’n middagete vir die kinders van die onkologie-afdeling en hulle ouers.

LEES OOK: Gretha Wiid se dogter (8) ongedeerd ná sy 3m val

Verskeie organisasies en die polisie was genooi om die dag saam met die kinders te spandeer.

“Vera kry geen befondsing nie en is afhanklik van skenkings en borge. Sy doen dit al vir 21 jaar,” sê Brits.

Die kinders het die geleentheid gekry om polisielede met plastiekballetjies te gooi om uiting te gee aan hulle gevoelens.

“Die polisie het baie vinnig besef hoeveel energie die kinders het en moes die aftog blaas en hulle die wenners maak.”

Brits vra vir enige persoon wat betrokke wil raak by die projek om die Villieria-polisie te kontak.

Die Moot-polisie het ook verlede maand die organisasie besoek.

“Lede het kortliks vertel oor die kliniek en die probleme wat die organisasie ervaar,” het polisiewoordvoerder, Kaptein Anton Breedt gesê.

“Ná die aanbieding is ’n skenking van blikkies melkpoeier en klere aan Vera oorhandig.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Loving Moot businessman (66) dies